Abstract
Die impale van Audio-psigo-fonologie (APF) op tweedetaalonderrig (L2), meer in die besonder uitspraak, is in hierdie studie ondersoek. APF is 'n proses waardeur die gehoor gestimuleer word by wyse van 'n apparaat genoem die Elektroniese Oor. Hierdie metode van uitspraakonderrig is vergelyk met 'n tradisionele uitspraakonderrigmetode, en wel met verwysing na die vokaalpersepsie van Zulusprekende persone wat Engels as besigheidstaal in hulle professionele hoedangheid gebruik. Die groep is gekies weens die belong van goed verstaanbare Engelse uitspraak in hulle werksomstandighede. Die resultate toon aan dat APF nie 'n beduidende invloed gehad het op die uitspraak van die deelnemers nie. 'n Post hoc-opname onder lede van die besigheidsgemeenskap het egter interessante resultate met betrekking tot die verhouding tussen uitspraak en taalhoudinge geopenbaar.
This study investigates the impact of Audio-psycho-phonology (APP), a process of hearing stimulation by means of a device called the Electronic Ear, as an aid to second language (L2) pronunciation training. The outcomes of APP and traditional pronunciation training on the vowel perception LI Zulu-speakers who use English as a business language were explored. This group was chosen because intelligible pronunciation is important in their designations. Perception of English vowels was isolated as a base for testing. Pre- and post testing of vowel perception indicates that APP did not have a significant impact as an aid to pronunciation training. A post hoc attitude assessment, conducted amongst the business community, yielded interesting results regarding the connection between pronunciation and language attitudes.